skemerdonker

My student se boklam en ander observasies

Dec 26
1 Comment
Klein muisies met groot ore

Noddy (ek sien ‘n naamverandering in sy toekoms)

Versiering fusion

Hanslam se kind het spesiaal aangetrek vir die geleentheid

Posted in Uncategorized

Kreeesmies

Dec 24
Comments


My kersboodskap is hier. Die hoogtepunt van my kersfees is seker dat ek ‘n moewiese pot glühwein en misosop (hopelik apart) gaan maak vir ‘n paar vriende. Die laagtepunt is dat ek vanaand op oukersaand in die bitterkoue saam met 80 kjinnertjies moet perform op ‘n opelug verhoog. “Silent night” gaan gesing word in ‘n Confuciunism Tempel net voor die Disney medley dans. Oja, dan is ek ook ‘n Amerikaner in ‘n toneelstuk waar ek net moet mime. Ek kry die gevoel dat, ten spyte van al die religieuse temas wat rondom ons gaan wees, min mense hul geloof ernstig gaan opneem. Al waarin ek op die oomblik glo is dat ons 8 uur gaan klaar wees soos vroeër aan my beloof is…


Posted in Uncategorized

Solstice (Dong Zhi)

Dec 22
Comments


Vandag eet almal in Taiwan rysbolletjiesop. Dis nou rys wat fyngestamp is vir ure tot dit in so ‘n jellierige vorm verander het, pienk, geel en blou gekleur is, en dan in waterige sop geëet word om op die ou end eintlik na niks te proe nie. Nogals baie moeite om die langste nag en die kortste dag te vier, maar ek hou nogals van die idee dat daar ‘n kultuur is wat ‘n ding hiervan maak. Ek het toe sommer gelees van ander kulture se feestelikhede op hierdie datum. In Iran bly hulle heelnag wakker deur wag te hou vir Yalda en brand vure om die son(goed) te help en donkerte(boos) te beveg. In Ierland is daar ‘n 5000 jaar oue steenstruktuur, Newgrange, wat op hierdie dag tot diep in sy binneste kelders verlig word deur die son. In Pakistan en Tibet word daar ook fees gevier. Ek wil ook net noem dat ek my rysbolsop al Dinsdag gehad het, en dat dit eintlik gister al solstice was, maar letterlik almal het volgehou dat vandag die dag in Taiwan is. So when in Rome… Foto by Taipei Times geleen.


Posted in Uncategorized

breiwerk of brouwerk?

Dec 21
Comments

In my soeke na ‘n breipatroon vir ‘n mus het ek op die volgende afgekom…

Gesonde Ontbytpakkie

Raai asseblief wat dit is…

DNA-ketting

‘n MP3-sakkie wat jou baie funky sal laat lyk

En dit als net met twee naalde en wol-fantasties!


Posted in Uncategorized

die beste uitvindsel ooit

Dec 14
1 Comment

Dis winter in wind-stad en nie grappies om op ‘n poegie in die yskoue reën en wind rond te ry nie. My enigste redding is hierdie pakkies wat mens by die 7 eleven en ander soortgelyke convenience stores kan koop. Dit lyk soos ‘n sakkie van “New Freedom”-materiaal met iets soos ystervylsels binne-in. Die hele proses gaan aan die werk as jy die vylsels teen mekaar vryf en die pakkie in jou baadjiesak druk. Et voila! Binne ‘n minuut het jy ‘n warmwatersak minus die water. Een sakkie hou omtrent vir ‘n dag. Ek slaap tot met die goed, dis fantasties!


Posted in Uncategorized

Engelse les vir die dag

Dec 08
Comments


Ek het gedink die Taiwanese het ‘n interessante uitkyk op die lewe tot ek hierdie bydrae van ons Japanese bure gesien het.


Posted in Uncategorized

Grandma Nitti se Tieties

Dec 08
Comments


Bordeaux, baie in sy noppies met sy 36D’s.


Posted in Uncategorized

Ek en Zim poseer vir ‘n foto

Dec 08
Comments



Eers ‘n paar opstoppers…

… en dan so ‘n halwe poging om in fokus te bly.


Posted in Uncategorized

Kliëntediens

Dec 05
1 Comment

Die winkel verkoop swemklere in die somer en baadjies in die winter. Die mannekyne verduur al die seisoene jaar in jaar uit. Oja, die hond is regtig en die bordjie heet jou welkom.


Posted in Uncategorized

Chinglish…

Dec 03
Comments

…ook bekend as Engrish. Soos ek ook soms bekend staan as Rorette. Kliek om beter te kan sien.


Posted in Uncategorized