My linkeroog spring nou al aanhoudend vir twee dae. Dit word veral erger as ek voor my rekenaar of TV sit. Ek het eers gedink die rede vir my onwillekeurige spierspasmas is omdat ek so lekker Saterdagaand by die Thai Disco gedans het en daai aaklige afgewaterde Boss bier gedrink het, wat gevolglik ‘n nare kettingreaksie ontlont het. Ek het ook probeer rondkyk op die internet vir moontlike oorsake, maar toe begin my oog so erg te spring en ek moes ophou. Dit dryf my van my trollie af. Ek het so ‘n idee dat dit weens slegte of min slaap gebeur. Ek sal graag wil weet dat dit is omdat ek baie geld gaan kry (of ek dink dis wat die oumense sê). Ek moet afsluit, my regteroog het nou ook begin spring op die offbeat van my linker.

|
You scored as Postmodernist. Postmodernism is the belief in complete open interpretation. You see the universe as a collection of information with varying ways of putting it together. There is no absolute truth for you; even the most hardened facts are open to interpretation. Meaning relies on context and even the language you use to describe things should be subject to analysis.
|
Postmodernist
|
|
69% |
|
Idealist
|
|
63% |
|
Cultural Creative
|
|
63% |
|
Fundamentalist
|
|
38% |
|
Materialist
|
|
38% |
|
Modernist
|
|
31% |
|
Romanticist
|
|
31% |
|
Existentialist
|
|
31% |
|
Genugtig, selfs my uitslae is postmodernisties. As jy belangstel in wat jou wêreldsiening is en nie alreeds weet nie, doen hierdie vinnige vraelys.
Hierdie paar foto’s is geneem op ‘n rustige Sondagmiddagwandeling in Beipu se heuwels ‘n paar naweke gelede.

Pa en kroos vang ietsie vir aandete.

I like your dimples, darling…

…and your pedicure.

Hierdie tempel is gebou op ‘n natuurlike fontein wat glo heilige water bevat. Hulle verkoop bottels en bottels daarvan. Jy kan ook jou SUV of Lexus daar laat was met die heilige water en hopelik ‘n meer konsensieuse padverbruiker wees.
Hol-dri-a-ie-ooo!
…want Angola werk nou vir Die Son. Wees gewaarsku.

Die eerste tifoon van die jaar is oppad. Dit is gedoop, Chanchu, soos in chanchu nai cha (daai lekker tee met die bolletjies in vir die wat sal weet). Blykbaar tref dit ons eiland more en almal hoop vir ‘n afdag, want tifoondae is mos betaald.

So ek moes toe ‘n nuwe adaptor gaan koop het vir my kamerakoord. Nou’t ek in plaas van die slick swart prop so ‘n afwit knoets wat ek verseker nerens sal kan vergeet nie, want dis so lelik en groot.
Penghu is Taiwan sonder lugbesoedeling, verkeer, swart strande, typhoons, giftige chemiese water en baie weiguorens (enigiemand wat nie Asiese gelaatstrekke het nie). Daar is wel honderde skole en polisiemanne, turksvye, pêrels en ‘n Starboks.
Die eiland was onder andere in die hande van Chinese, seerowers, Hollanders, Japanese en is nou deel van Taiwan. Die huise is histories met koraal gebou en oral op die eiland is daar koraalmure om die groentegewasse te beskerm teen die sterk winde. Ek het ook uitgevind dat daar ‘n paar geleenthede vir Engelse onderwysers is, so as ek ooit weer besluit om Taiwan toe te kom, wel…wat meer wil jy hê?

As enigiemand ooit die plek besoek, moenie eers bodder met die Feng Caves nie, dis regtig saai en dalk oorgeneem deur ruimtewesens.
Koot, Julia en Laura is stomgeslaan.