In vandag se Beeld | Oct 31st 2007
Sakevrou, koekversierder skiet haarself glo
Oct 31 2007 07:13:44:610AM - (SA)
|
|
||||||||
|
|
||||||||
|
|
||||||||
| |
||||||||
Elsje Neethling-Blair ‘n Bekende Bloemfonteinse sakevrou, mev. Ansie Stander (53), was waarskynlik oorwerk en het selfmoord gepleeg buite haar huis in Universitas, Bloemfontein.
Mnr. Hennie Stander, bekende prokureur en man van dié geliefde koekversierder, vertel: “Ansie het tussen 80 en ‘n 100 koeke per week gebak.
“Ek weet sy was oorwerk. Sy het eenvoudig te veel werk gehad en het te hard gewerk. Sy kon vir niemand ‘nee’ sê nie.
“Ek het gister omstreeks 06:05 werk toe gegaan. Ons seun, Rikus (23), het in die huis geslaap. Hy het my tien minute later by die kantoor gebel en gesê: ‘Pappa, Mamma het haarself geskiet.’ Ek het dadelik huis toe gery.”
Rikus sê hy het wakker geword van ‘n geweerskoot en op Ansie afgekom waar sy reeds dood buite gelê het.
“Sy het bo-op ‘n kartonboks, wat sy gebruik vir die basis van haar koeke, gelê en haarself met my rewolwer in haar hart geskiet. Sy is op slag dood,” sê Stander.
“My vrou is ‘n opgeleide verpleegkundige en die belangstelling in koekversiering het 22 jaar gelede begin toe sy ‘n verjaardagkoek vir Rikus se verjaardag gemaak het.
“Hierna het sy kursusse in die kuns van koekversiering geneem en het later só goed gevorder dat sy self ook klas gegee het.
“Ansie was betrokke by die Bloemfonteinse tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde en ‘n bestuurslid van die Bloemfonteinse Fynproewersgilde.
“Sy was ook betrokke by die NG kerk Universitasrif en sy het vir feitlik al die tuisnywerhede in die stad gebak. Sy was ook ‘n beoordelaar en bekende gesig op die Bloemfontein-skou se koekuitstallings,” vertel hy.
Terwyl familie en vriende gister met die familie kom simpatiseer het, het een of twee histeriese bruide, wat die tragiese nuus gehoor het, gebel net om te hoor “of sal hul troukoek nou nog betyds klaar sal wees”.
Stander word ook oorleef deur haar dogter, Jeane-Mari (Jay) en skoonseun, André (Spies) van Heerden, haar suster, Hela van der Merwe, en broer, Riaan Conradie.
Sê vir my asseblief dis nie tong in die kies geskryf nie.
Ek het aanvanklik ‘n bietjie soos ‘n kak mens gevoel omdat ek vir hierdie storie gegiggel het, toe besluit ek later dis eintlik okay, ek giggel nie vir die vrou se tragedie nie, ek lag van blydskap oor haar lewe wat so wacky was. Ek is seker sy moes ‘n wonderlike mens gewees het om te ken. Imagine al daai panne wat jy sou kon uitlek as jy by haar gebly het.
Comment by Bertus! — 1 November 2007 @ 3:14 pm
Vir my is die beste die histeriese bruide wat moontlik hulle french manicured naels afgekou het oor die koeke wat nie betyds sou klaar wees nie.
Dink net hoe lekker het haar huis elke dag na tuisgebak geruik.
Comment by skemerdonker — 1 November 2007 @ 3:27 pm
Dis een van die snaaksste berigte wat ek in ‘n lang tyd gelees het! Toe ek by die stuk kom dat sy op die kartonboks gaan lê het, was ek histeries soos die bruide. Ek dink nie mens lag vir haar nie, mens lag vir die snaaksheid van die lewe.
Comment by rondloper — 8 November 2007 @ 8:24 pm
Was hierdie nou weer een van daai blogs wat jy gestig het sodat jy twee posts kan los en dan vir ‘n jaar kan verdwyn, of het jy net die identiteit geskep sodat jy kan rondgaan en nasty comments oor ander mense se broodjies kan maak?
Comment by Bertus! — 16 November 2007 @ 8:06 pm
oe, katterig! ek was besig met my madarynse eksamen en dis hectic by die werk.
Comment by sletta — 17 November 2007 @ 10:25 am