Hoe om mure te verf as jou budget bietjie knyp
5 Comments
In ‘n vorige post is daar verwys na ‘n naweek in die Groot Marico waar ek baie tips oor extreme home makeovers geleer het. Hier volg ‘n japtrap manier om hierdie Desember jou huis ‘n Afrikageurtjie te gee:
Stap 1: Grawe die spesifieke kleur grond uit wat jy benodig. (Tip: Jy sal dalk ‘n paar locals moet omkoop met luukshede om die ligging van die grond te vind)
Stap 2: Tel vars beesmis op (Tip: Dit moet verkieslik van beeste wees wat net gras eet en die mis moet nog warm en sag wees)
Stap 3: Meng grond, mis en water met jou kale hande.
GESENSOR vir sensitiewe kykers
Stap 4: Smeer mildelik teen die muur. Rond af met water.
Stap 5: Was jou hande en kyk na jou muur.
|



