skemerdonker

Hoe om mure te verf as jou budget bietjie knyp | Nov 19th 2007

In ‘n vorige post is daar verwys na ‘n naweek in die Groot Marico waar ek baie tips oor extreme home makeovers geleer het. Hier volg ‘n japtrap manier om hierdie Desember jou huis ‘n Afrikageurtjie te gee:

Stap 1: Grawe die spesifieke kleur grond uit wat jy benodig. (Tip: Jy sal dalk ‘n paar locals moet omkoop met luukshede om die ligging van die grond te vind)

grawe.jpg

Stap 2: Tel vars beesmis op (Tip: Dit moet verkieslik van beeste wees wat net gras eet en die mis moet nog warm en sag wees)

beesmis.jpg

Stap 3: Meng grond, mis en water met jou kale hande.

GESENSOR vir sensitiewe kykers

Stap 4: Smeer mildelik teen die muur. Rond af met water.

muur.jpg

Stap 5: Was jou hande en kyk na jou muur.

klaar.jpg

 


Posted in Uncategorized

5 Comments »

  1. Oe mooi! Maar kan mens nie liewers die mure ‘verf’ met ‘n troffeltjie nie? Ek is mos heeltemal te verfynd om my hande in enige ding se mis te druk.

    Comment by maritasays — 20 November 2007 @ 10:45 am

  2. selfs al gebruik jy ‘n troffel gaan jou skoene-hare-klere-naels-als in elkgeval vol mis word.

    Comment by skemerdonker — 23 November 2007 @ 10:16 am

  3. Skemer, wanneer kom jy bietjie Kaap toe?

    Comment by silwerminter — 29 November 2007 @ 9:59 pm

  4. Dit lyk my na ‘n mislike afvere …
    Gelukkig was dit darem nie ‘n algehele mislukking nie …
    As jy sekere dinge vermis het jy nie verf nodig nie …

    Ok, genoeg stadige grappies vir vandag.

    Comment by silwerminter — 29 November 2007 @ 10:03 pm

  5. Lyk vir my maar na ‘n mislike spulletjie. In hierdie geval dink ek nie ek sal die D.I.Y-roete volg nie.

    Comment by Mieliepit — 7 December 2007 @ 11:24 am

Say something? Comments RSS TrackBack URI