skemerdonker

die beste uitvindsel ooit | 14 Desember 2005

Dis winter in wind-stad en nie grappies om op ‘n poegie in die yskoue reën en wind rond te ry nie. My enigste redding is hierdie pakkies wat mens by die 7 eleven en ander soortgelyke convenience stores kan koop. Dit lyk soos ‘n sakkie van “New Freedom”-materiaal met iets soos ystervylsels binne-in. Die hele proses gaan aan die werk as jy die vylsels teen mekaar vryf en die pakkie in jou baadjiesak druk. Et voila! Binne ‘n minuut het jy ‘n warmwatersak minus die water. Een sakkie hou omtrent vir ‘n dag. Ek slaap tot met die goed, dis fantasties!


Posted in Uncategorized

1 Kommentaar »

  1. Dis ‘n baie goeie idee. Ek het hibriede van hierdie goed ook al in Beijing gesien, maar ek neem aan die Taiwanese model is beter, veral omdat jy dit sommer by die 7 eleven kan koop.

    Kommentaar deur Maksideem — 2 Januarie 2006 @ 3:54 vm


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: