skemerdonker

Die kuier tuis | 13 Februarie 2006

Ek’s pas tuis na ‘n kort vakansie in SAfrika en het my gate uit geniet. Ek het onder andere die bynaam “Modjadji” gekry aangesien dit die hele tyd van my besoek in Jo’burg katte en honde gereën het. Ek het met ‘n paar van my ou vrinne geconnect en in gevaarlike plekke soos Pombo’s, Cresta Bowling Alley en Die Akker uitgehang.

Angola Nel in ‘n bar in Albertsville nadat ons mislei is dat Piet Botha daar sou speel, en ons toe net ‘n paar muflappe met brandewyn in hulle hande en snorre by die kroegtoonbank gevind het. Die wit bordjies in die agtergrond sê onder meer “Geen Skeltaal Asseblief” en “No manners, no service”.

Ek het ook ‘n kaapse draai gegooi en gaan inloer by die BALju van “Bal en Klou”-tweedehandse meubelwinkel op Stellenbosch.

Het my vasgeloop in die karnavaljollifikasies en besef dat niks in tien jaar eintlik verander het nie, behalwe dat ek nou ‘n digitale kamera het.

Ek het ook gevind dat mens nooit ver genoeg van Taiwan kan wegkom nie.


Posted in Uncategorized

3 Kommentaar »

  1. Alberton het jou vir ‘n pop gevat

    Kommentaar deur Do Kwang — 14 Februarie 2006 @ 5:47 nm

  2. Jy bedoel seker Albertsville.

    Kommentaar deur psigioot — 18 Februarie 2006 @ 8:07 vm

  3. was ook nou op die Bos, en ja, niks het verander nie.

    Kommentaar deur renklem — 20 Februarie 2006 @ 7:15 nm


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: