skemerdonker

"Little Shanghai" | 5 April 2006

Die afgelope naweek het ek my vriendin, wat al vir ses jaar in Taipei bly, oorreed om ‘n slag uit die stad te kom. Ek wou haar ‘n dorpie genaamd Chiufen gaan wys. Die ironie is dat die dorpie nie eers ‘n uur met die trein uit die grote stad is nie. Dit hang natuurlik af van watter trein jy neem. Ons is heel gemaklik op die vinnige trein daar weg, het sitplekke gehad, koerant, koeldrank, de lot. Met die terugkomslag moes ons in ‘n stadige trein staan soos sardientjies ingepak en in medepassasiers se onderarm-oksels vasstaar.


Chiufen is ‘n ou myndorpie en van die enigste plekke waar hulle nie die ou historiese karakter verwoes het met aaklige wolkekrabbers en sinkgeboue nie. Volgens my Lonely Planet was die dorpie in 1930 die goudmyn-hoofstad van Asië en onder Japanese koloniale beheer. Toe die ekonomie in duie stort as gevolg van die goud wat opgeraak het, het mense vir dekades van die plekkie vergeet. Tot op ‘n dag wat die filmregisseur, Hsiao-hsien Hou, dit gebruik het as agtergrond vir sy film, City of Sadness. Deesdae is die dorpie ‘n toeristemekka met busse wat op mekaar se sterte op en af deur die heuwels en kronkels ry.

Daar is volop teewinkels om elke hoek en draai.

Die dorpie se mense het intussen ook Engels geleer.

Ek weet nie wat die idee is van die stukkie Hollywood nie, maar dis ‘n mooi deur.


Posted in Uncategorized

2 Kommentaar »

  1. Vreeslike mooi foto van die teepotte.

    Kommentaar deur rondloper — 5 April 2006 @ 1:21 nm

  2. Ek like weer die deur. As jy na my heel, heel eerste posting gaan kyk, kan jy so ‘n seleksie van my, niks minder as 150 deure, sien.

    Kommentaar deur renklem — 6 April 2006 @ 1:17 nm


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: