skemerdonker

Daai naweek | 2 Mei 2006


So ek moes toe ‘n nuwe adaptor gaan koop het vir my kamerakoord. Nou’t ek in plaas van die slick swart prop so ‘n afwit knoets wat ek verseker nerens sal kan vergeet nie, want dis so lelik en groot.

Penghu is Taiwan sonder lugbesoedeling, verkeer, swart strande, typhoons, giftige chemiese water en baie weiguorens (enigiemand wat nie Asiese gelaatstrekke het nie). Daar is wel honderde skole en polisiemanne, turksvye, pêrels en ‘n Starboks.

Die eiland was onder andere in die hande van Chinese, seerowers, Hollanders, Japanese en is nou deel van Taiwan. Die huise is histories met koraal gebou en oral op die eiland is daar koraalmure om die groentegewasse te beskerm teen die sterk winde. Ek het ook uitgevind dat daar ‘n paar geleenthede vir Engelse onderwysers is, so as ek ooit weer besluit om Taiwan toe te kom, wel…wat meer wil jy hê?


As enigiemand ooit die plek besoek, moenie eers bodder met die Feng Caves nie, dis regtig saai en dalk oorgeneem deur ruimtewesens.

Koot, Julia en Laura is stomgeslaan.

Posted in Uncategorized

2 Kommentaar »

  1. Dis darem ‘n vreeslike lelike vis daai op die boonste foto . . .

    Kommentaar deur rondloper — 3 Mei 2006 @ 3:36 vm

  2. Smaak verskil…

    Kommentaar deur psigioot — 3 Mei 2006 @ 4:51 vm


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: