skemerdonker

‘n Alternatiewe benadering | 27 Julie 2006

Ek het Maandag gedink dink ek gaan dood. Hoofpyn, koorsig, naar, lyfseer. Ek het geen ander keuse gehad as om skool toe te gaan nie, want daar was niemand anders wat kon sub nie. Die diagnose: hitteuitputting. Ek word die hele oggend warm konkoksies gevoer wat van die hitte in my lyf ontslae moes raak en teen middagete kry my baas my beet gewapen met ‘n pot Tiger Balm en ‘n ding wat lyk soos ‘n kam sonder tande. Die hitte word toe uit my rug uitgeskraap. “En moenie bekommerd wees nie, dit sal eers rooi, dan blou en dan pers raak en as jou bloedsomloop goed is sal dit binne ‘n week verdwyn.”

Dit het gewerk vir die hitte, maar die hoofpyn het eers verdwyn toe ek my eie boereraat gebruik het, ‘n lekker warm koppie koffie.


Posted in Uncategorized

6 Kommentaar »

  1. Jy’t sopas die mees gewaagde blog geword van al die wat ek lees. ‘n Semi-nude selfportret! Selfs dorothy se stories oor pap of maeree se voete kom nie daarby nie.

    Kommentaar deur Pienk Zuit — 28 Julie 2006 @ 6:23 vm

  2. Holy crap! At least there aren’t any scratch marks…

    Doggit

    Kommentaar deur Anonymous — 28 Julie 2006 @ 9:59 vm

  3. Het jy al ooit gegaan vir een van daai tradisionele Chinese masserings? Massering is die verkeerde woord, hulle vat glo glase met brandende kerse onder, sit dit op jou rug, laat die kers doodgaan dat dit ‘n sterk vakuum vorm, en trek dan die glas af. Daar bly blou kolle agter. Glo baie goed om gifstowwe te verwyder, word ek vertel. Het dit egter nog nie gedoen nie.

    Kommentaar deur rondloper — 28 Julie 2006 @ 8:10 nm

  4. phokkit. (haagen-dazs help ook. mar dan sal jou ribbetjies nie vir lank so mooi uitsteek nie.)

    Kommentaar deur Christine — 29 Julie 2006 @ 12:44 nm

  5. ek hoop daai merke is weg teen die tyd dat ons makietie hier op die eiland. Dis darem hopelik nie so warm hier soos daar by julle nie, maar ons sal regstaan met ‘n paar boererate indien dit weer gebeur.

    Kommentaar deur renklem — 30 Julie 2006 @ 9:48 vm

  6. Ek het eenkeer die letsels op ‘n man se nek en rug gesien wat ‘n soortgelyke ervaring gehad het. Hy het fisio toe gegaan vir ‘n stywe nekspier of iets, toe ruk die klong ‘n eetlepel uit en begin te skraap. Persoonlik dink ek hy het hom vir ‘n ride gevat – geen goeie ding kan soveel skade agterlaat nie.

    Kommentaar deur Lammervanger — 1 Augustus 2006 @ 5:18 vm


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: