skemerdonker

Krugersdorp se faux pas

7 Desember 2007
1 Kommentaar

My ma het hierdie in Keywest afgeneem:

image002.jpg


Posted in Uncategorized

Need a lawyer, anybody?

7 Desember 2007
4 Kommentaar

dsc07957small.jpg

Ek wonder of hulle enigsins goed is…


Posted in Uncategorized

Hoe om mure te verf as jou budget bietjie knyp

19 November 2007
5 Kommentaar

In ‘n vorige post is daar verwys na ‘n naweek in die Groot Marico waar ek baie tips oor extreme home makeovers geleer het. Hier volg ‘n japtrap manier om hierdie Desember jou huis ‘n Afrikageurtjie te gee:

Stap 1: Grawe die spesifieke kleur grond uit wat jy benodig. (Tip: Jy sal dalk ‘n paar locals moet omkoop met luukshede om die ligging van die grond te vind)

grawe.jpg

Stap 2: Tel vars beesmis op (Tip: Dit moet verkieslik van beeste wees wat net gras eet en die mis moet nog warm en sag wees)

beesmis.jpg

Stap 3: Meng grond, mis en water met jou kale hande.

GESENSOR vir sensitiewe kykers

Stap 4: Smeer mildelik teen die muur. Rond af met water.

muur.jpg

Stap 5: Was jou hande en kyk na jou muur.

klaar.jpg

 


Posted in Uncategorized

In vandag se Beeld

31 Oktober 2007
5 Kommentaar

Sakevrou, koekversierder skiet haarself glo
Oct 31 2007 07:13:44:610AM  – (SA)  












Elsje Neethling-Blair ‘n Bekende Bloemfonteinse sakevrou, mev. Ansie Stander (53), was waarskynlik oorwerk en het selfmoord gepleeg buite haar huis in Universitas, Bloemfontein.

Mnr. Hennie Stander, bekende prokureur en man van dié geliefde koekversierder, vertel: “Ansie het tussen 80 en ‘n 100 koeke per week gebak.

“Ek weet sy was oorwerk. Sy het eenvoudig te veel werk gehad en het te hard gewerk. Sy kon vir niemand ‘nee’ sê nie.

“Ek het gister omstreeks 06:05 werk toe gegaan. Ons seun, Rikus (23), het in die huis geslaap. Hy het my tien minute later by die kantoor gebel en gesê: ‘Pappa, Mamma het haarself geskiet.’ Ek het dadelik huis toe gery.”

Rikus sê hy het wakker geword van ‘n geweerskoot en op Ansie afgekom waar sy reeds dood buite gelê het.

“Sy het bo-op ‘n kartonboks, wat sy gebruik vir die basis van haar koeke, gelê en haarself met my rewolwer in haar hart geskiet. Sy is op slag dood,” sê Stander.

“My vrou is ‘n opgeleide verpleegkundige en die belangstelling in koekversiering het 22 jaar gelede begin toe sy ‘n verjaardagkoek vir Rikus se verjaardag gemaak het.

“Hierna het sy kursusse in die kuns van koekversiering geneem en het later só goed gevorder dat sy self ook klas gegee het.

“Ansie was betrokke by die Bloemfonteinse tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde en ‘n bestuurslid van die Bloemfonteinse Fynproewersgilde.

“Sy was ook betrokke by die NG kerk Universitasrif en sy het vir feitlik al die tuisnywerhede in die stad gebak. Sy was ook ‘n beoordelaar en bekende gesig op die Bloemfontein-skou se koekuitstallings,” vertel hy.

Terwyl familie en vriende gister met die familie kom simpatiseer het, het een of twee histeriese bruide, wat die tragiese nuus gehoor het, gebel net om te hoor “of sal hul troukoek nou nog betyds klaar sal wees”.

Stander word ook oorleef deur haar dogter, Jeane-Mari (Jay) en skoonseun, André (Spies) van Heerden, haar suster, Hela van der Merwe, en broer, Riaan Conradie.

Sê vir my asseblief dis nie tong in die kies geskryf nie.


Posted in Uncategorized

Goodbye Oom Schalk Lourens

26 Oktober 2007
3 Kommentaar

Dis reg oor die nuus dat die Boy van Bethulie, Patrick Mynhardt gister aan natuurlike oorsake oorlede is terwyl hy in Engeland op toer was met ‘n verhoogstuk. Patrick Mynhardt het op ‘n tyd gesê dat hy Herman Charles Bosman bekend gemaak het, maar dat Herman Charles Bosman hom ryk gemaak het.

Nouja, ek het maar eers onlangs regtig ‘n fan geraak van HCB nadat ek ‘n naweek in Groot Marico spandeer het saam met ‘n paar legendes van die Herman Charles Bosman Literary Society. Ons het eintlik gegaan om te gaan werk – gekleurde grond saam met die Basadi vrouens uitgegrawe, vars koeimis opgetel, dit op die regte manier gemeng met water en toe die mure met ons hande geverf onder die bekwame leiding van die Basadis.

Wat die naweek meer spesiaal gemaak het, is dat alles op die Marico wyse geskied het. Ontbyt was roosterkoek en vyekonfyt en kaas, koffie is op die vuur gestook (met ‘n stuk kooltjie om die moer te laat sak) en afgesluk saam met plaasmelk in ‘n blikbeker wat jou onderlip ‘n kwaai blaas kan brand, en die egte mense van die Marico met hulle baarde en lang hare wat HCB stories en staaltjies vertel. Ek kan sien hoe Herman Charles Bosman sy inspirasie gekry het uit die wêreld.

By die huis gekom het ek dadelik my ma se Bosman boek gegryp en Oom Willem Prinsloo’s Peach Brandy gelees. Ek het myself vang kliphard oopmond lag. The Bekkersdal Marathon bly my gunsteling. Die skets gaan oor die dominee wat ietwat narkolepties was en dan sommer so in die preek aan die slaap geraak het. Die spesifieke Sondag het hulle ook die orrelis aan diens gehad wat so elke nou en dan ‘n slukkie “medisyne” neem. Dominee kondig toe Psalm 119 aan, maar voordat hy kon sê watter verse, toe gaan hy in een van sy transe in. Die orrelis begin te speel, maar omdat niemand weet waar om op te hou nie, en Dominee kyk nie op nie, sing hulle toe maar al 176 verse daarvan. Tussen dit als deur het die orrelis se voorraad opgedroog en die ouderlinge het beurte gemaak om vir hom nagmaalwyn te gaan haal, maar elke keer as ‘n ouderling terugkom dan is hy ook ietwat gekletter. En die gemeente het gesing. Toe almal heeltemal uitasem die laaste noot sing skrik Dominee wakker en sê: “Gemeente, ons sing Psalm 119”.

Ek het ook oor die nuus gehoor dat Patrick Mynhardt langs Herman Charles Bosman begrawe gaan word in Wespark begraafplaas. Dan is ons ook bure.


Posted in Uncategorized

Rip van Winkel

23 Oktober 2007
1 Kommentaar

Ek’s terug in volle glorie nadat daar verneem is van my gemis op ‘n ander blog. Ek het ook my karige besittings met my saamgesleep, alhoewel dit bietjie verouderd is. Ek sal wel probeer om my vroeëre mislukte beloftes na te kom en darem voor kersfees hierdie jaar iets hier te gorrel.


Posted in Uncategorized

oraait oraait

6 Februarie 2007
Lewer Kommentaar

Ek weet beloftes maak skuld, maar hierdie nuwe besem vee nou eers baie deeglik by haar nuwe werk en daar is geen tyd vir ginnegaap of nonsens praat nie. Wat ek wel my lesers kan meedeel is dat daar komende naweek weer damme onder eende uitgeruk gaan word by Jan en Cleo Graf se Troue Part 2 -The Drakensberg Files. Foto’s sal voorsien word.


Posted in Uncategorized

Rendezvous

22 Januarie 2007
6 Kommentaar

Die lang wag is verby, ek’s weer op die lug, in julle are en julle hare. Vir almal wat my van hulle persoonlike skakels afgehaal het, sit my groot asseblief weer terug. Ek het baie dinge om te vertel, oa stories van pers poedels by Hillfox, karre wat brul en jaag tesame met volksliedverwarring, ‘n sad storie van ‘n gebreekte kar en net eenvoudig hoe lekker dit is om op die Wesrand te bly.


Posted in Uncategorized

Die Groot Stilstand

7 Oktober 2006
8 Kommentaar

Ek was lanklaas hier omdat ek nie eintlik toegang tot internet het nie en ook baie rondgereis het die afgelope tyd. Dis duur en stadig om foto’s te plaas, so vasbyt, ek sort my lewe in Jhb uit en dan het ek hopelik een van die dae weer baie om te wys en te sê.


Posted in Uncategorized

Hamba kahle fika futi, Taiwan!

31 Julie 2006
8 Kommentaar






Posted in Uncategorized
Volgende Bladsy »